Friday 24 August 2007

Video van ons Springhasie

So oefen Xander om te kruip. Hy kan vreeslik gefrustreerd raak dan begin hy te kla.

Monday 13 August 2007

'n Paar foto's van Boetie (Xander) op 5 maande

Xander begin vaste kossies eet op 5 maande. Hy hou nie baie daarvan nie.


Hy begin nou onlangs van die vrugte hou maar nie van groete nie.




















Xander luister aandagtig na die radio


Hy is baie lief vir die honde en sy loopring. Hy hou daarvan om die hele huis rond te hardloop.












"Ek rus 'n bietjie hier by Sussie en ek kan al op my eie sit."

Hy oefen nou al om te kruip.

Saturday 4 August 2007

Rynhardt word 1 jaar oud!!














Rynhardt het op 4 Augustus 2007 een geword. Sy partytjie is gehou by Ouma Anita hulle se huis en sy mamma het die lekkerste kossies vir die mense gereel. Ek het vir hom sy koek gebak. Hy het 'n Resieskar tema gehad. Dit was 'n lekker sonnige dag met baie familie en vriende om die dag te deel. Kyk ook net al die presente!!
Xander het net so lekker soos sy nefie alles geprobeer.

Ja, en so word ons kindertjies groot.