Friday 24 August 2007

Video van ons Springhasie

So oefen Xander om te kruip. Hy kan vreeslik gefrustreerd raak dan begin hy te kla.

Monday 13 August 2007

'n Paar foto's van Boetie (Xander) op 5 maande

Xander begin vaste kossies eet op 5 maande. Hy hou nie baie daarvan nie.


Hy begin nou onlangs van die vrugte hou maar nie van groete nie.




















Xander luister aandagtig na die radio


Hy is baie lief vir die honde en sy loopring. Hy hou daarvan om die hele huis rond te hardloop.












"Ek rus 'n bietjie hier by Sussie en ek kan al op my eie sit."

Hy oefen nou al om te kruip.

Saturday 4 August 2007

Rynhardt word 1 jaar oud!!














Rynhardt het op 4 Augustus 2007 een geword. Sy partytjie is gehou by Ouma Anita hulle se huis en sy mamma het die lekkerste kossies vir die mense gereel. Ek het vir hom sy koek gebak. Hy het 'n Resieskar tema gehad. Dit was 'n lekker sonnige dag met baie familie en vriende om die dag te deel. Kyk ook net al die presente!!
Xander het net so lekker soos sy nefie alles geprobeer.

Ja, en so word ons kindertjies groot.

Saturday 30 June 2007

Sussie en Brandon trou

















Charlene en Brandon is getroud op Oakfield Farm in Muldersdrift op 30 Junie 2007.

Friday 29 June 2007

Vakansie Foto's

Oppad Drakensberge toe het ons in Ladysmith by Hunter's Lodge oorgeslaap.
Xander het hier begin siek word en ons is Peadiater toe.










Vandaar is ons Mountain View in die Drakensberge toe vir 'n week.
Dit was baie koud maar Celien en JP het nog kans gesien om vis te vang, gholf te speel en ponie te ry. Xandertjie was maar nog siek hier.



















Celien maak mamma op.









Na die Drakensberge was ons St. Lucia by The Bridge toe vir 'n week.
Die weer was darem beter hier. By die plek was bokkies, apies en meerkatte.
Ons was ook Cape Vidal en die Krokedil plaas toe.













Friday 11 May 2007

Familie Foto's









Thursday 12 April 2007

Celien word 4 jaar

Celien het 'n Pienk Prinses partytjie gehad. Haar maatjies en nefies het kom kuier vir die spesiaale dag. Ek en Zelda het die eetgoed gemaak en die koek.

Sunday 25 March 2007

Ons word gedoop - Caledon


Ek en Luke is gedoop op 25/03/2007 in Caledon.

Tannie Lindie het die kossies vir ons gereƫl en my ma het ons koeke gemaak.